Midde betogings teen migrante wat elke Donderdag sal plaasvind, eis die African Unite Borders Bus Trucks Association aanspreeklikheid van die owerhede oor onwettige operateurs wat ongedokumenteerde migrasie binne die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap fasiliteer. Die voorsitter van die vereniging, Mukhwathi Phumudzo, beskuldig die hoof van wetstoepassing van die Oorgrens Padvervoeragentskap, Simon Ditshego,…
Die Vereniging van Staatsamptenare het berigte sterk veroordeel, oor 'n voorgestelde nuwe voertuigbelasting wat daarop gemik is om die finansiële uitdagings by die Padongelukkefonds aan te spreek. Die woordvoerder van die vakbond, Claude Naicker, sê die finansiële uitdagings waarmee die fonds te kampe het, is grootliks die gevolg van jare…
Die opposisie het sterk kritiek teenoor president Netumbo Nandi-Ndaitwah uitgespreek, wat op uitnodiging van president Xi Jinping Saterdag na China vertrek het vir ‘n staatsbesoek van ‘n week. Volgens die IPC dui dit aan waar die administrasie se prioriteite lê. Kosmos 94.1 Nuus het met die IPC se skadu-minister van…
Namibië bevorder tans 'n omvattende nuwe kernwetgewing om die verouderde Wet op Atoomenergie en Stralingsbeskerming van 2005 te vervang. Openbare konsultasies vind in al 14 streke plaas om terugvoer van belanghebbendes in te win voordat die wetsontwerp in die parlement ter tafel gelê word. Kosmos 94.1 Nuus het met die…
CapeNature het die publiek aangemoedig om waaksaam te bly terwyl voëlgriep steeds seevoëls en ander wilde voëls langs die Wes-Kaapse kus raak. Die bewaringsagentskap raai mense aan om nie aan siek of dooie voëls te raak nie, troeteldiere van hulle weg te hou, en waarnemings aan die betrokke owerhede te…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.