
Verkiesingsverslae vir 2025 uiteindelik klaar
Loading player...
Die Verkiesingskommissie het uiteindelik die Prestasie-assessering en Na-verkiesingsverslag vir die 2025 Streeksraad- en Plaaslike Owerheidsraadverkiesings voltooi. Die verslag, wat 'n gedetailleerde evaluering van die verkiesing gee, is aan die Nasionale Vergadering oorhandig. Die kommissie se woordvoerder, De Wet Siluka, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat parlementslede nou die verskafde besonderhede sal assesseer en debatteer.

