Namibia Air-studie voltooi, nou na die kabinet

Loading player...
Planne vir die nuwe nasionale lugredery, Namibia Air, vorder bestendig, met vier persent van die 20 miljoen Namibiese dollar se haalbaarheidsstudiebegroting wat tot dusver bestee is. Die vervoerminister, Veikko Nekundi, het 'n opdatering in die parlement gegee en gesê die studie beoordeel die finansiële vereistes, markvraag en operasionele modelle vir die voorgestelde nasionale lugredery. Hy sê die bedryf is kompleks en daarom moet die proses nie gehaas word nie. Hy sê 'n span kundiges is aangestel:
5 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Midde-Ooste laat Suider-Afrika swaar trek

Die ekonomieë van Suider-Afrika, insluitend Namibië, word steeds negatief geraak deur die oorloë in die Midde-Ooste, sowel as in Rusland en Oekraïne. Dr. Roelof Botha, ekonomiese adviseur vir die Optimum-groep en Betterbond, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat, hoewel die impak swaar is, veral vererger deur stygende inflasiekoers weens hoë…
18 Oct 12AM 1 min

IPPR bekommerd oor deursigtigheid met tenders

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing spreek kommer uit oor die swak nakoming van beplanningsvereistes vir openbare verkryging, nadat slegs 87 uit 260 verkrygingsaktiwiteite vir die 2026/2027-boekjaar gepubliseer is. Dit is slegs 33 persent. IPPR-navorser Frederico Links het Vrydag die syfers bekend gemaak en die Eenheid vir Openbare Verkryging in die…
17 Oct 6AM 1 min

BKS: 182 beeste op Kalala-eiland, Zambezi ingeënt

Namibië se stryd teen bek-en-klouseer in die Zambezistreek het ’n belangrike mylpaal bereik, met al 182 beeste op een plaas op Kalala-eiland wat reeds ingeënt is. Die hoofveeartsenybeampte, dr. Kenneth Shoombe, het dié vordering Vrydag bevestig. Kalala-eiland, in die Kabbe-kiesafdeling, worstel met ’n afsonderlike uitbreking van bek-en-klouseer, wat nie verband…
17 Oct 5AM 1 min

Vennootskap met MSC-plesierbote skep werk vir jong Namibiërs

Die Namibiese Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad het weer met MSC Cruises saamgewerk om internasionale werksgeleenthede vir jong Namibiërs te skep. Sedert die vennootskap middel-2023 begin het, is meer as 8 400 aansoeke ontvang, wat tot 42 werksaanbiedinge gelei het, waarvan 25 Namibiërs poste aan boord van MSC-plesierbote aanvaar het. Catherine Shipushu,…
17 Oct 4AM 1 min

Zelensky 'n 'sirkusmeester', sê Trump

President Volodymyr Zelensky van Oekraïne het ʼn Amerikaanse ooreenkoms om diesel van Rusland te koop, veroordeel en sê dit dra finansieel by tot die Kremlin se oorlogspoging. Hy het by ʼn Europese Unie-beraad in Brussel gesê president Vladimir Putin van Rusland stel nie regtig in vredesonderhandelinge belang nie. Zelensky verwelkom…
17 Oct 3AM 1 min