Namibië staan tans voor ’n deurslaggewende ekonomiese draaipunt. Die land moet sy ryk hernubare energie-, olie- en mineraalbates dringend met vinnige institusionele hervorming kombineer om langtermyn-welvaart te verseker. Oliver Scheidt, uitvoerende hoof van The Strategic Economy het saam met dr. John Steytler van R&J Steytler Consultants 'n verslag geskryf oor…
Die waarnemende provinsiale polisiekommissaris van Mpumalanga, Zeph Mkhwanazi, het 'n vals video wat op sosiale media versprei is, sterk veroordeel. Die video beweer dat 'n Namibiese vragmotorbestuurder tydens 'n teen-migrante-optog aangerand is. Polisiewoordvoerder Mavela Masondo sê die voorval wat in die video uitgebeeld word, het nie tydens die betogings plaasgevind…
Die OL-groep het Mokuti Etosha Lodge se herbekendstelling die afgelope naweek gevier, wat deur onder andere eerste minister Elijah Ngurare bygewoon is. Ngurare het gesê die opgeknapte lodge toon die tipe hoëwaarde-belegging wat nodig is om die toerismebedryf te versterk. Kosmos 94.1 Nuus het met Sven Thieme, uitvoerende voorsitter van…
Nege-en-twintig ongedokumenteerde buitelandse burgers is Saterdag in Olievenhoutbosch in hegtenis geneem. Hulle is ingevolge die Immigrasiewet deur beamptes van Tshwane-metropolisie gearresteer tydens 'n gesamentlike optrede deur die polisie en ander belanghebbendes, nadat bevind is hulle is onwettig in die land. Metropolisiewoordvoerder Puleng Motholo sê die diens bly vasberade om die…
Namibië se geprojekteerde mielie-oes van meer as 120 000 ton ontbloot 'n groot bergingstekort, met die land wat net meer as 50 000 ton kan stoor. Bedryfsleiers waarsku dat die gaping aansienlike druk op boere, meulenaars en die breër landbousektor kan plaas. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter van…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.