Polisie skerp soektog na ontsnaptes op

Loading player...
Die polisie het hul soektog na twee oorblywende ontsnaptes wat vermoedelik in besit is van 'n Namibiese polisie AK-47-geweer en 'n dienspistool, verskerp na die dramatiese ontsnapping uit die Onandjamba-polisieselle verlede week. Omusati-streekbevelvoerder, kommissaris Ismael Basson, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat polisiebeamptes op die grond bly en dag en nag werk om die voortvlugtiges op te spoor en die uitstaande vuurwapens terug te kry.
3 Jun 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Aussie-vroue vat T20

Australië het Engeland op Lord’s met sewe paaltjies verslaan en hul rekord met ʼn sewende T20 Wêreldbeker-titel vir vroue verbeter. Engeland se kaptein, Nat Sciver-Brunt, het ʼn onoorwonne 58 van 53 balle behaal en die gashere se telling na hul 20 boulbeurte was 150 vir vier. Daarna het Beth Mooney…
6 Jul 1AM 1 min

Dagga-uitspraak vandag verwag

Uitspraak in die Grondwetlike saak van Brian Jaftha en Borro Ndungula om daggaverbruik in die land te wettig, word vanoggend om negeuur verwag. Die saak word deur 'n volle regbank, met regters Dinnah Usiku, Claudia Claasen en Philanda Christiaan aangehoor. Kosmos 94.1 Nuus het met Ndungula gepraat. Hy sê hulle…
6 Jul 1AM 1 min

Alle paaie lei na Uis vir die BBU

Die tyd raak min voor die RMB Brandberg Backyard Ultra 2026 op 18 Julie buite Uis sal plaasvind, en die organiseerders is opgewonde. Al die kategorieë is vol ingeskryf en organiseerders moes selfs die inskrywings beperk. Kosmos 94.1 Nuus het met organiseerder Riana Scholtz gesels.
6 Jul 1AM 1 min

Nam se robbe steeds gesond

CapeNature het die publiek aangemoedig om waaksaam te bly, aangesien voëlgriep steeds seevoëls en ander wilde voëls langs die Wes-Kaapse kus aantas. Volgens Namibia Ocean Conservation het Namibië nog geen gevalle van voëlgriep aangemeld teen die kus nie. Naudé Dreyer van Namibia Ocean Conservation verduidelik:
6 Jul 1AM 1 min

Namibië moet kyk na sy beleggingsomgewing

Namibië staan tans voor ’n deurslaggewende ekonomiese draaipunt. Die land moet sy ryk hernubare energie-, olie- en mineraalbates dringend met vinnige institusionele hervorming kombineer om langtermyn-welvaart te verseker. Oliver Scheidt, uitvoerende hoof van The Strategic Economy het saam met dr. John Steytler van R&J Steytler Consultants 'n verslag geskryf oor…
6 Jul 12AM 1 min