Meer speenkalwers bly in land vir plaaslike verslagting

Loading player...
Veilingspryse het die afgelope tyd redelik stabiel gebly en die speenkalfseisoen is ook op hande, met die verwagting dat die pryse tussen 48 en 50 Namibiese dollar per kilogram sal beloop. Kosmos 94.1 Nuus het met die Lewendehawe- en Lewendehawe-produkteraad se bemarkingsbestuurder, Desmond Cloete, gepraat vir ‘n oorsig oor die bemarkingseisoen vanaf Januarie tot April vanjaar. Minder kalwers is op die hoef uitgevoer en is teruggehou vir plaaslike verslagting.
3 Jun 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NNN vertrek op staatsbesoek na Angola

Namibië en Angola is gereed om hul jarelange verhouding na 'n hoër vlak te neem, met president Netumbo Nandi-Ndaitwah wat vanadg tot Dinsdag 'n staatsbesoek aan Luanda sal aflê. Dit sal die eerste sitting van die Angola-Namibië Bi-nasionale Kommissie wees, waar die twee lande se presidente samewerking sal versterk oor…
18 Oct 5AM 1 min

'Geld kan nie berusting bring nie'

Die maatskaplike aktivis Shaun Gariseb sê finansiële vergoeding kan nie emosionele sluiting vervang nie. Hy het gepraat oor die siviele regsgeding van 2,2 miljoen Namibiese dollar wat deur die vermoorde Ingrid Maasdorp se familie teen die regering gebring is. Maasdorp sê dit is 'n deurslaggewende toets van institusionele aanspreeklikheid vir…
18 Oct 4AM 1 min

Koalisies in SA verkiesings verwag

Die plaaslike owerheidsverkiesings in Suid Afrika aanstaande maand is besig om die nuustoneel in die buurland te oorheers. Wydlopende reaksie van politieke kenners word in die verband ontvang. Christo van der Rheede ‘n onafhanklike politieke ontleder het sy mening aan Kosmos 94.1 nuus verwoord.
18 Oct 3AM 1 min

IPC de josie vir NWR oor Gross Barmen

Die sluiting van binnenshuise swemgeriewe by die Gross Barmen-oord het daartoe gelei dat Rodrick Likando, die IPC se skaduminister van omgewing en toerisme, op verantwoording en antwoorde van Namibia Wildlife Resorts oor instandhouding eis. Likando sê die publiek verdien ’n verduideliking oor die herstelwerk, veral in die lig van die…
18 Oct 2AM 1 min

Fietsry: Drikus trap deurnag; steeds voor in Rhino Run

Die Namibiese fietsryer, Drikus Coetzee, het ‘n 24-uur lange skof agter die rug en loop steeds voor in die Rhino Run-uithou-fietswedren van Windhoek na Graaff Reinet, met die Fransman, Stephane Lombard, in die tweede plek. Coetzee het reeds 2 255 km van die uitmergelende 2 835 km voltooi en pak…
18 Oct 1AM 1 min