Nie Alles met Horings is 'n Ferrari nie

Loading player...
*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/wp-admin/post.php?post=23787&action=edit

Hierdie week se KLETS begin met rocklegendes… en eindig waar jy dalk twee keer moet dink voor jy 'n Woolies hoender gaan koop.

Bohemian Rhapsody van Queen is een van die mees iconic songs ooit geskryf. Die goed wat jy nie geweet het jy wil weet nie, maar nou kan jy dit nie "un-weet" nie.

Die Kruger National Park, het honderd jaar oud geword op 31 Mei 2026. 'n Honderd jaar van leeus, toeriste en die onvermydelike vraag: "Is ons nou veilig in die motor?" Dis ons erfenis en ons trots. Colene en Matthys het die naweek bewys dat die beste out-of-office reply 'n renoster up close and personal is.

Geordin Hill-Lewis vat Peter Groenewald aan oor die stand van Suid-Afrika se vermiste paroolgevangenise, en ja, die vrae is reg. Maar die DA het self 'n voet-in-die-"bek"-probleem wat nie wil weggaan nie. Die soort embarrassment wat jy vir jou eie span laat skaam kry.

En omdat ons hou van pyn: hoeveel tax betaal jy eintlik op 'n vol tenk petrol? Die antwoord is genoeg om jou te laat oorweeg om te loop na een van die tien ongelukkigste jobs in die wêreld. Spoiler: een van hulle klink dalk soos joune.

Dis rock en politiek.
Dis bomme en belasting.
Dis KLETS.
3 Jun Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Wyn, Woorde en Bartho Eksteen

Daar is mense wat oor wyn praat, en dan is daar die man wat dit maak. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wyn-woorde-en-bartho-eksteen/ Hierdie week KLETS ons saam met 𝗕𝗮𝗿𝘁𝗵𝗼 𝗘𝗸𝘀𝘁𝗲𝗲𝗻 van Bartho Eksteen Wynlandgoed. Hy vertel van die wyne wat ons op 𝟮𝟵 𝗢𝗸𝘁𝗼𝗯𝗲𝗿 𝟮𝟬𝟮𝟲 gaan proe, en van die…
14 Oct 39 min

Die Waarheid Is Duur, Veiligheid Nog Duurder

𝙒𝙖𝙖𝙧𝙨𝙠𝙪𝙬𝙞𝙣𝙜: 𝘩𝘪𝘦𝘳𝘥𝘪𝘦 𝘸𝘦𝘦𝘬 𝘴𝘦 𝘒𝘓𝘌𝘛𝘚 𝘪𝘴 '𝘯 𝘣𝘪𝘦𝘵𝘫𝘪𝘦 𝘥𝘰𝘯𝘬𝘦𝘳. Ons gesels uit die suidpunt van Donker Afrika, so trek die gordyne toe en skink iets sterk. Dis moord en roof. Dis vroue se lyke langs die pad en AK47's in taverns. Intussen word daar meer geld bestee om ministers veilig…
7 Oct 1 hr 01 min

Waaksaam, Welvarend en Windgat

Die vrees is nie meer 'n gevoel nie, dis 'n gewoonte. Die sleutels tussen jou vingers by die kar. Die "live pin" wat jy los voor jy huis toe ry. Elke vrou in jou lewe: jou Ma, jou suster, jou vriendin, jou biervrou, dra hierdie waaksaamheid soos 'n tweede vel,…
23 Sep 58 min

Wie's in Die Village en Wie's Net Kwaad?

Dit vat 'n village, sê hulle. Maar niemand sê ooit hoeveel van daai village eintlik idiote is nie. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wies-in-die-village-en-wies-net-kwaad/ En intussen loop African Time al hoe vinniger uit: dis nie meer die grap oor laat kom by 'n braai nie, dis nou lewens wat betaal…
16 Sep 52 min

Wie Kyk na Jou Geld Terwyl Jy Rugby Kyk?

Colene het Bokkoors. Nie 'n verkoue nie, net groen en goud in die are. Maar terwyl ons almal die rugby volg, volg iemand anders jou bankbalans. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-258-wie-kyk-na-jou-geld-terwyl-jy-rugby-kyk/ Is jou geld werklik veilig in jou bank? Of in Cyril se bank? Ons kyk na die toename…
9 Sep 59 min