Pensioenarisse moet kies tussen plaaslike of SA pensioen, IPC boos

Loading player...
Die IPC bevraagteken 'n besluit wat sommige Namibiese pensioenarisse sal dwing om te kies tussen die ontvangs van ouderdomstoelaes van Namibië of van Suid-Afrika. Die stap sal dubbele pensioenuitbetalings beëindig vir inwoners wat voordele van beide lande ontvang het. Die IPC se skaduminister van finansies, Michael Mwashindange, sê die ontwikkeling sal 'n beduidende impak op die betrokke pensioenarisse hê. Hy het die parlement vanmiddag toegespreek:
2 Jun 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Internasionale hulp stroom na Nepal, Tibet

Die internasionale gemeenskap skarrel om hulp na vloedgeteisterde dele van Nepal en Tibet te kry, terwyl owerhede waarsku dat mere wat gevorm het waar die dodelike vloede begin het, besig is om te styg en kan bars. Minstens 362 mense is dood, terwyl byna 1 400 steeds vermis word, meeste…
27 Aug 11PM 1 min

Maynier verwelkom arrestasie van wildsmokkelaars

Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, David Maynier, verwelkom die inhegtenisneming van twee mans op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng vir beweerde wildsmokkelary. 'n Vyftigjarige Thaise burger het 50 voël-eiers versteek in 'n tuisgemaakte broeikassak. 'n Drie-en-twintigjarige landgenoot het na bewering probeer om 418 papegaai-eiers in…
27 Aug 10PM 1 min

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min