
Weermag moet na soldate se geestesgesondheid omsien: IPC
Loading player...
Die Independent Patriots for Change doen 'n beroep op dringende geestesgesondheidsintervensies in die Namibiese Weermag na die vermoedelike selfmoorde van twee soldate in die Otjozondjupa-streek net dae uitmekaar. Die IPC se skadu-verdedigingminister, Aloisius Kangulu, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die veeleisende omstandighede waaronder verdedigingspersoneel dien, insluitend lang tydperke weg van hul families en ondersteuningstelsels, aansienlike druk op hul emosionele welstand plaas en onmiddellike aandag vereis. Hy het meer.

