Meeste arbeidsklagtes gaan oor afleggings

Loading player...
Die meeste arbeidsklagtes wat tussen 2023 en 2026 ingedien is het te doen gehad met afleggings. Bo-aan die lys is sake wat verband hou met onbillike ontslag, onbillike arbeidspraktyke, wanbetaling van lone en voordele, belangegeskille en afleggingsprosedures. Kosmos 94.1 Nuus het met die arbeidministerie se woordvoerder Jeremiah Namalenga gepraat.
2 Jun 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Samewerking beste wapen teen bek-en-klou

Samewerking is Namibië se grootste bate in die stryd teen bek-en-klouseer. Só sê Roelie Venter, die uitvoerende hoof van die Namibiese Landbou-unie. Venter het tydens 'n inligtingsdag in Grootfontein gesê 'n gesamentlike poging deur die regering, die privaatsektor en boerderygemeenskappe is van kritieke belang om die verspreiding van bek-en-klouseer te…
7 Jun 6AM 1 min

Buitelander vas oor massaskietery in Gqeberha

Die Oos-Kaap se LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid, Xolile Nqatha, het die deurbraak verwelkom in die massaskietery in Motherwell, Gqeberha, waarin vyf jong mans onlangs doodgeskiet is. Dit volg na die inhegtenisneming van 'n 28-jarige buitelander in verband met die moorde. Die woordvoerder van die departement, Makhaya Komisa, sê die…
7 Jun 5AM 1 min

Verkiesingsverslae vir 2025 uiteindelik klaar

Die Verkiesingskommissie het uiteindelik die Prestasie-assessering en Na-verkiesingsverslag vir die 2025 Streeksraad- en Plaaslike Owerheidsraadverkiesings voltooi. Die verslag, wat 'n gedetailleerde evaluering van die verkiesing gee, is aan die Nasionale Vergadering oorhandig. Die kommissie se woordvoerder, De Wet Siluka, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat parlementslede nou die verskafde…
7 Jun 4AM 1 min

Amper 1 300 ernstige misdadigers in SA vasgetrek

Die polisie en die weermag gaan voort met pogings om netwerke van georganiseerde misdaad tot niet te maak wat wat betrokke is by onwettige mynbou, bendeverwante geweld en ander ernstige en geweldsmisdaad. ‘n Polisiewoordvoerder, Mpho Mathebula, sê gekoördineerde multidissiplinêre operasies is in Mei regoor die Oos-Kaap, Vrystaat, Gauteng, Noordwes en…
7 Jun 3AM 1 min

AfriForum kook oor waterkoste in Joburg

AfriForum sê die Stad Johannesburg het 'n verhoging van 65,6 persent in die wateraanvraagbestuursheffing goedgekeur sonder om sleutelinligting te verskaf oor hoe die verhoging bereken is. Die organisasie voer aan daar word van inwoners verwag om kommentaar te lewer op die begroting sonder toegang tot die nodige besonderhede, wat openbare…
7 Jun 2AM 1 min