Mariene-bewaringsgroep maak alarm oor groenwaterstof

Loading player...
Ocean Conservation Namibia het 'n inligtingsveldtog geloods oor die land se groenwaterstofplanne, spesifiek Hyphen Hydrogen Energy se beplande ontwikkeling in die Tsau ||Khaeb Nasionale Park. 'n Onlangse posisiedokument van die Namibiese Kamer van die Omgewing beklemtoon die gebied se beduidende omgewingswaarde. Die voorsiening van water vir beide konstruksie en voortgesette bedrywighede sal aansienlike bykomende infrastruktuur vereis. Kosmos 94.1 Nuus het met Naude Dreyer van Ocean Conservation Namibia gepraat.
2 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Samewerking beste wapen teen bek-en-klou

Samewerking is Namibië se grootste bate in die stryd teen bek-en-klouseer. Só sê Roelie Venter, die uitvoerende hoof van die Namibiese Landbou-unie. Venter het tydens 'n inligtingsdag in Grootfontein gesê 'n gesamentlike poging deur die regering, die privaatsektor en boerderygemeenskappe is van kritieke belang om die verspreiding van bek-en-klouseer te…
7 Jun 6AM 1 min

Buitelander vas oor massaskietery in Gqeberha

Die Oos-Kaap se LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid, Xolile Nqatha, het die deurbraak verwelkom in die massaskietery in Motherwell, Gqeberha, waarin vyf jong mans onlangs doodgeskiet is. Dit volg na die inhegtenisneming van 'n 28-jarige buitelander in verband met die moorde. Die woordvoerder van die departement, Makhaya Komisa, sê die…
7 Jun 5AM 1 min

Verkiesingsverslae vir 2025 uiteindelik klaar

Die Verkiesingskommissie het uiteindelik die Prestasie-assessering en Na-verkiesingsverslag vir die 2025 Streeksraad- en Plaaslike Owerheidsraadverkiesings voltooi. Die verslag, wat 'n gedetailleerde evaluering van die verkiesing gee, is aan die Nasionale Vergadering oorhandig. Die kommissie se woordvoerder, De Wet Siluka, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat parlementslede nou die verskafde…
7 Jun 4AM 1 min

Amper 1 300 ernstige misdadigers in SA vasgetrek

Die polisie en die weermag gaan voort met pogings om netwerke van georganiseerde misdaad tot niet te maak wat wat betrokke is by onwettige mynbou, bendeverwante geweld en ander ernstige en geweldsmisdaad. ‘n Polisiewoordvoerder, Mpho Mathebula, sê gekoördineerde multidissiplinêre operasies is in Mei regoor die Oos-Kaap, Vrystaat, Gauteng, Noordwes en…
7 Jun 3AM 1 min

AfriForum kook oor waterkoste in Joburg

AfriForum sê die Stad Johannesburg het 'n verhoging van 65,6 persent in die wateraanvraagbestuursheffing goedgekeur sonder om sleutelinligting te verskaf oor hoe die verhoging bereken is. Die organisasie voer aan daar word van inwoners verwag om kommentaar te lewer op die begroting sonder toegang tot die nodige besonderhede, wat openbare…
7 Jun 2AM 1 min