Sakelikwidasies in SA styg met 17%

Loading player...
Statistiek Suid-Afrika sê sakelikwidasies het in April toegeneem van 199 tot 233 gevalle, 'n styging van 17 persent, in vergelyking met dieselfde maand verlede jaar. Onica Mushwana van Statistiek SA sê in die drie maande tot April het likwidasies met 8,8 persent gestyg, terwyl die eerste vier maande van hierdie jaar 'n toename van 3,7 persent getoon het in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Mushwana sê dit is 'n aanduiding van die voortgesette druk op ondernemings:
30 May 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Fosa het ook kommer oor Zuma se Indië besoek

Die Forum for South Africa het kommer uitgespreek oor oudpresident Jacob Zuma se onlangse besoek aan Indië. Hy is tydens die reis afgeneem saam met Suid-Afrika se hoë kommissaris in Indië, Anil Sooklal, en die vermeende staatskaping-argitek, Ajay Gupta. Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking ondersoek nou die kwessie…
6 Jul 6AM 1 min

Bellingham sê Mexiko-wedstryd was trotsste oomblik ooit

Engelse speler Jude Bellingham sê hy was nog nooit so trots nie. Dit kom na Engeland die mede-gasheer, Mexiko, 3-2 uitgeskakel en speel nou teen Noorweë. Bellingham het binne 98 sekondes twee doele aangeteken en kaptein Harry Kane het die oorwinning vir Engeland verseker met 'n strafdoel. Hy sê was…
6 Jul 6AM 1 min

Hindernisse is soms die skuld van die SME en nie owerhede nie

Die Khomas-streeksraad het verlede week ’n inligtingsessie vir geleenthede vir ondernemings van klein- en mediumgrootte gehou. Een van die gesprekke wat gevoer is, het gehandel oor die SME-fonds wat deur GIZ Namibia befonds word. Baie entrepreneurs het tydens hierdie gesprekke hul ervarings gedeel oor die toetredinghindernisse wat hulle ondervind as…
6 Jul 6AM 1 min

Amutse moet verduidelik oor sy Nasan-besluit, meen kenner

Reaksie word ontvang energieminister Modestus Amutse wat die voorwaardes van die Mededingingskommissie oor Nasan Energies se oorname van 52 vulstasies opgeskort het. Die kommissie het gesê dat Nasan vir vyf jaar geen brandstof van Vivo of sy filiale mag aankoop nie. Amutse sê die geopolitieke onstabiliteit in die Midde-Ooste het…
6 Jul 6AM 1 min