SA staar resessiegevare in die gesig

Loading player...
Die minister van handel, nywerheid en mededinging, Parks Tau, sê as ʼn netto olie-invoerder staar Suid-Afrika resessiegevare en bedreigde nywerheidsmededinging in die gesig. Die oorlog tussen Amerika, Israel en Iran het verskeping deur die Straat van Hormuz, waar ʼn vyfde van die wêreld se olie- en energievoorraad gewoonlik vervoer word, grootliks beperk. Tau sê terwyl Suid-Afrika deur ʼn toenemend ingewikkelde wêreld-omgewing navigeer, bly die land op koers met ʼn regering wat daarop fokus om belegging en industrialisasie te stimuleer en onwettige handel te bekamp:
27 May 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Guterres maan teen 'gevaarlike verlies aan respek'

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, waarsku dat oorloë, wapen-wedrenne, klimaatskokke en die wegkalwing van internasionale reg geweldige druk plaas op die multilaterale stelsel wat ʼn derde wêreldoorlog moet voorkom. Hy het Dinsdag ʼn hoëvlak-debat in die Veiligheidsraad toegespreek te midde van groeiende kommer oor die toekoms van multi-lateralisme…
27 May 2AM 1 min

Regering, privaatsektor moet hande vat met nuwe gesondheidsplan

Kommer neem toe oor die regering se pogings om staatsamptenare van private gesondheidsorg na staatshospitale te probeer stuur. Owerhede voer aan dat dit stygende mediese fondskoste kan verminder en openbare gesondheidsinfrastruktuur kan versterk, maar private gesondheidsorgverskaffers waarsku dat die stelsel dalk nog nie gereed is vir die hoër druk nie…
27 May 2AM 1 min

AfriForum wil help met veiligheid in Krugerwildtuin

AfriForum sê owerhede moet dringend 'n duidelike veiligheidsplan vir die Krugerwildtuin implementeer. Dit volg na die dood van 'n egpaar van Mosselbaai in die park. Die organisasie doen 'n beroep op sterker patrollies, vinniger noodreaksiestelsels en verbeterde kommunikasiekanale vir besoekers. Hy het ook aangebied om te help met hommeltuigmonitering om…
27 May 2AM 1 min

Bek-en-klouseer 'n prioriteit vir NLU

Die Namibië Landbou-unie se president, Thinus Pretorius, het verlede week 'n boodskap van bemoediging gegee vir boere wat hard werk om die bek-en-klouseer uitbreking in die buurlande op 'n afstand te hou. Die unie se uitvoerende hoof, Roelie Venter, het meer oor die praktiese stappe waarmee hulle besig is om…
27 May 1AM 1 min

Brandstof: Nóg prysstygings vir Junie verwag

Die energieministerie sal waarskynlik volgende week die brandstofpryse vir Junie aankondig. Die ministerie het reeds brandstofheffings met 50 persent verlaag tot einde Junie, maar het in Mei groot onderverhalings aangeteken. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus-ekonoom Oliver Diggle gepraat, wat verdere verhogings voorsien.
27 May 12AM 1 min