
Guterres maan teen 'gevaarlike verlies aan respek'
Loading player...
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, waarsku dat oorloë, wapen-wedrenne, klimaatskokke en die wegkalwing van internasionale reg geweldige druk plaas op die multilaterale stelsel wat ʼn derde wêreldoorlog moet voorkom. Hy het Dinsdag ʼn hoëvlak-debat in die Veiligheidsraad toegespreek te midde van groeiende kommer oor die toekoms van multi-lateralisme. Guterres waarsku ʼn gevaarlike verlies aan respek vir internasionale reg is aan die ontwikkel met basiese beginsels soos soewereiniteit en gebiedsintegriteit wat uitgedaag of geïgnoreer word:

