Twee Onandjaba-ontsnaptes weer agter tralies

Loading player...
Twee van die ses verhoorafwagtende gevangenes wat Sondag uit polisieselle by Onandjaba in die Omusati-streek ontsnap het, is weer in hegtenis geneem. Die gevangenes het beamptes aangeval tydens die verspreiding van voedsel en medisyne, selsleutels gegryp en twee beamptes geboei voordat hulle in selle toegesluit is. Die verdagtes het later meer beamptes oorweldig, 'n AK47-geweer, vier pistole en vyf selfone gesteel en gevlug. Hulle was in aanhouding vir onder meer vermeende verkragting, roof en huisbraak. Kosmos 94.1 Nuus het met NamPol streekbevelvoerder Ismael Basson gepraat:
26 May 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Brandstof: Nóg prysstygings vir Junie verwag

Die energieministerie sal waarskynlik volgende week die brandstofpryse vir Junie aankondig. Die ministerie het reeds brandstofheffings met 50 persent verlaag tot einde Junie, maar het in Mei groot onderverhalings aangeteken. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus-ekonoom Oliver Diggle gepraat, wat verdere verhogings voorsien.
27 May 12AM 1 min

Namibië se damme sowat 81% vol

Namibië se damvlakke bly gesond en die land se damme is tans meer as 81 persent vol, maar dit effe laer as dieselfde tyd verlede jaar toe die nasionale vlak op 88 persent gestaan het. Damme in die Suide vertoon die beste, met ‘n totale stand van 89,2 persent, vergeleke…
27 May 12AM 1 min

Rompslomp kniehalter kerke, sê SA forum

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christelike Forum sê daar is 'n ernstige ineenstorting van dienste deur organisasies sonder winsbejag by die departement van maatskaplike ontwikkeling, wat meer as 500 kerke raak. Volgens die Forum maak administratiewe mislukkings dit moeilik vir geloofsgroepe om te funksioneer en aan die wet te voldoen. Die forum…
26 May 11PM 1 min

Woestyn-sprinkaan uitbreking in Erongo, Hardap

Die landbouministerie het 'n dringende waarskuwing uitgereik oor 'n woestyn-sprinkaan uitbreking by Homeb in die Walvisbaai landelike kiesafdeling in die Erongo-streek, asook in die Daweb-kiesafdeling in die Hardap-streek. Die sprinkane is in die vliegstadium en boere word versoek om aktiewe toesig in die gebiede te hou. Enige swerms moet onmiddellik…
26 May 11AM 1 min