Woestyn-sprinkaan uitbreking in Erongo, Hardap

Loading player...
Die landbouministerie het 'n dringende waarskuwing uitgereik oor 'n woestyn-sprinkaan uitbreking by Homeb in die Walvisbaai landelike kiesafdeling in die Erongo-streek, asook in die Daweb-kiesafdeling in die Hardap-streek. Die sprinkane is in die vliegstadium en boere word versoek om aktiewe toesig in die gebiede te hou. Enige swerms moet onmiddellik by die naaste landbou-ontwikkelingsentrum of die hooflandboutegnikus, Marvin Kapenaina, aangemeld word. Waar gespuit word moet boere te alle tye beskermende klere dra en vee moet uit die bespuite gebiede verwyder word. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda gepraat.
26 May 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Motshekga besweer vrese oor moontlike onluste op 30 Junie

Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, sê Suid-Afrikaners het ʼn grondwetlike reg om teen onwettige immigrasie te staak, maar waarsku betogings moet vreedsaam bly en die waardigheid en regte van buitelanders respekteer. Die teen-immigrasiegroep, die March and March-beweging beplan ʼn nasionale afsluiting vir 30 Junie, wat ook…
26 May 11AM 1 min

Meta-boetes beteken beter beskerming van kinders

Twee juries in Amerika het Meta, wat Instagram, Facebook en WhatsApp besit, in afsonderlike sake beveel om meer as 380 miljoen Amerikaanse dollar in skadevergoeding te betaal. Dit is weens hul produkte wat versuim het om die seksuele uitbuiting van kinders te keer, en die versuim om te waarsku oor…
26 May 10AM 1 min

Vrae hang oor geskorste Transnamib bestuurders wat weer werk

Twee geskorste bestuurders by TransNamib, Webster Gonzo en Alynsia Platt, is terug by die werk na 'n opdrag aan TransNamib se raad deur vervoerminister Veikko Nekundi. Nekundi was ontevrede omdat die maatskappy die salarisse van geskorste bestuurders betaal wat nie werk nie. Gonzo, die uitvoerende beampte vir menslike kapitaal, en…
26 May 10AM 1 min

Kyk mooi na China se nultarief landbou-invoere, sê kenner

China se onlangse besluit om Namibië en meeste ander Afrikalande nultarieftoegang tot sy markte te gee, het kenners genoop om te waarsku dat die aanbod meer strategies as transformerend kan wees. Terwyl dit na verwagting uitvoere van Namibiese druiwe, dadels en bloubessies sal verhoog, sê landbou-ontleder Wallie Roux aan Kosmos…
26 May 10AM 1 min