
Meta-boetes beteken beter beskerming van kinders
Loading player...
Twee juries in Amerika het Meta, wat Instagram, Facebook en WhatsApp besit, in afsonderlike sake beveel om meer as 380 miljoen Amerikaanse dollar in skadevergoeding te betaal. Dit is weens hul produkte wat versuim het om die seksuele uitbuiting van kinders te keer, en die versuim om te waarsku oor produkte wat doelbewus ontwerp is om jong gebruikers te verslaaf. Meta staar nog duisende hofsake in die gesig. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie van Vanessa Maresch van Salt Essentials IT gekry.

