
Vrae hang oor geskorste Transnamib bestuurders wat weer werk
Loading player...
Twee geskorste bestuurders by TransNamib, Webster Gonzo en Alynsia Platt, is terug by die werk na 'n opdrag aan TransNamib se raad deur vervoerminister Veikko Nekundi. Nekundi was ontevrede omdat die maatskappy die salarisse van geskorste bestuurders betaal wat nie werk nie. Gonzo, die uitvoerende beampte vir menslike kapitaal, en Platt, uitvoerende beampte vir eiendomme, is in Februarie geskors oor bewerings wat verband hou met eiendomsbestuur en ander beweerde oortredings. Die IPC se skadu-vervoerminister, Nelson Kalangula, gee sy reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus.

