
Kyk mooi na China se nultarief landbou-invoere, sê kenner
Loading player...
China se onlangse besluit om Namibië en meeste ander Afrikalande nultarieftoegang tot sy markte te gee, het kenners genoop om te waarsku dat die aanbod meer strategies as transformerend kan wees. Terwyl dit na verwagting uitvoere van Namibiese druiwe, dadels en bloubessies sal verhoog, sê landbou-ontleder Wallie Roux aan Kosmos 94.1 Nuus dat Afrika moontlik nie in staat sal wees om in China se massiewe vraag te voldoen nie.

