
Ebola: Wees versigtig op op vragroetes, maan Walvisbaai-korridorgroep
Loading player...
Die Walvisbaai-korridorgroep doen 'n beroep op vervoer- en logistieke belanghebbendes om op hoë gereedheidsgrondslag te bly weens die Ebola-uitbreking wat in dele van die Demokratiese Republiek van die Kongo versprei. Dit wek kommer oor die beweging van vrag en mense langs die Walvisbaai-Lubumbashi-korridor. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die waarnemende uitvoerende hoof van die Walvisbaai-korridorgroep, Edward Shivute, korridorgebruikers versoek om gesondheids- en veiligheidsmaatreëls te versterk.

