
Bye kan olifante dalk ore aansit
Loading player...
Boere in die Kamanjab-omgewing kla olifantskade kos hulle elke jaar miljoene in gebreekte heinings en waterinfrastruktuur, maar bewaringsbewustes waarsku dat uitdunning nie die antwoord is nie. Terwyl 'n negejaar-lange Keniaanse studie bevind het dat byekorfheinings meer as 86 persent van olifante kan afskrik om gewasse te plunder, vertel plaaslike ekoloog dr. Peter Cunningham aan Kosmos 94.1 Nuus dat die metode die beste op 'n klein skaal en rondom kritieke infrastruktuur soos boorgate en damme werk. Hy sê regeringsvergoedingskemas en nuwe idees is nodig om boere en wild te help om saam te bestaan.

