
Lamola veroordeel aanvalle op buitelanders
Loading player...
Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, het aanvalle op buitelandse burgers in Suid-Afrika veroordeel en sê migrasie moet behoorlik bestuur word met slegs wetstoepassingsagentskappe wat die wet afdwing. Lamola het tydens die opening van die SAOG Ministers van Buitelandse Sake se ontmoeting in die Krugerwildtuin, Mpumalanga gepraat. Die minister sê niemand het die mag om wette in hul eie hande te neem nie. Hy sê dit is wetstoepassing se verantwoordelikheid nie dié van privaat burgers nie:

