
Regering vorder met waterkrisis in Ohangwena
Loading player...
Die regering se pogings om die waterkrisis in die oostelike dele van die Ohangwena-streek aan te spreek vorder goed, met NamWater wat mini-ontsoutingsaanlegte by bestaande boorgate uitrol om uiters brak boorgatwater te behandel. Kosmos 94.1 Nuus het met NamWater-woordvoerder Lot Ndamanomhata gepraat, wat sê dit sal ook die afstand wat inwoners moet loop om skoon water te gaan haal verminder, en landbou en visserye bevorder.

