
Moenie val vir slenter oor verkeersboetes
Loading player...
'n Boodskap word tans op sosiale media versprei waar die polisie se verkeersdepartement lede van die publiek in kennis stel van 'n finale aanmaning om agterstallige verkeersboetes te betaal. Kosmos 94.1 Nuus het met adjunkkommisaris Rozario Coetzee van NamPol se verkeersafdeling gepraat, wat waarsku dat dit 'n slenter is.

