Lewis Hamilton het geen aftreeplanne nie

Loading player...
Motorsport: Die sewemalige Formule Een-kampioen, Lewis Hamilton, het nie enige planne om binnekort uit te tree nie. Die 41-jarige se kontrak met Ferrari strek tot einde volgende jaar. Hy het die seisoen belowend begin met die nuwe regulasies en in China die eerste keer die podium vir Ferrari gehaal. Hamilton is nou vyfde in die bestuurders-kampioenskap na vier wedrenne. Hy wil graag sien wat hy saam met Ferrari kan bereik:
22 May 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Speaker skerm vir Ramaphosa oor Phala Phala

Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, sê president Cyril Ramaphosa het die Parlement nie gevra om die ampsklagproses rondom die Phala Phala-saak te staak nie. Ramaphosa het die Parlement egter in kennis gestel dat hy die saak hof toe gaan neem. Volgens Didiza sal die Parlement wag vir…
23 May 2AM 1 min

Moenie val vir slenter oor verkeersboetes

'n Boodskap word tans op sosiale media versprei waar die polisie se verkeersdepartement lede van die publiek in kennis stel van 'n finale aanmaning om agterstallige verkeersboetes te betaal. Kosmos 94.1 Nuus het met adjunkkommisaris Rozario Coetzee van NamPol se verkeersafdeling gepraat, wat waarsku dat dit 'n slenter is.
23 May 1AM 1 min

Copps 94.1: Messtekery in Katutura eis lewe

Die Copps 94.1-span moes Vrydagaand bontstaand in Windhoek met ‘n paar voorvalle wat hulle moes bestuur, onder meer ‘n ernstige messtekery in Katutura. Francois Lottering van Kosmos 94.1 was soos altyd op sy pos en doen verslag:
23 May 12AM 1 min

Cran ontbied Telecom oor aanhoudende diensontwrigtings

Die Kommunikasie-reguleringsowerheid, Cran, het ernstige kommer uitgespreek oor herhaalde ontwrigtings van Telecom Namibia se vaste breëbandnetwerk en gewaarsku dat die onderbrekings verbruikers, besighede en kritieke instellings regoor die land raak. Die owerheid het Telecom ontbied vir 'n dringende en omvattende inligtingsessie oor die oorsaak van die ontwrigtings, die ingrypings wat…
22 May 11AM 1 min