
Monarch Lifeguards eer tiener wat tweeling uit dam red
Loading player...
Na 'n tragiese voorval waar 'n moeder haar tweeling in 'n dam gegooi het in die Omusati-streek, het die 16-jarige Cornelius Shimwaafeni, wat self nie kan swem nie, ingespring en die kinders gered. Die voorval het landswyd reaksie ontlok, soveel so dat Monarch Lifeguards vanaf Walvisbaai die tiener 'n sertifikaat van lewensredding gegee het, en 'n kursus aangebied het vir hom om te leer swem en dalk ook eendag 'n lewensredder te word. Kosmos 94.1 Nuus het met Martin Muyenga van Monarch Lifeguards gepraat.

