Unam hoop ooreenkoms met NAB sal produksie, waardekettings versterk

Loading player...
Die nuut ondertekende navorsingsvennootskap van 19 miljoen Namibiese dollar tussen Unam en die Akkerbouraad word beskou as 'n groot hupstoot vir Namibië se landbousektor, met die hoop dat dit die land se gewaswaardeketting kan versterk. Namibië voer steeds byna die helfte van sy groentebehoeftes in, terwyl stygende kunsmis- en brandstofkoste steeds druk op plaaslike boere plaas. Unam-woordvoerder Simon Namesho sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat hierdie ooreenkoms daarop gemik is om hierdie uitdagings aan te spreek.
22 May 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Huldeblyke stroom in vir wyle Penehupifo Pohamba

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het haar innige meegevoel met oudpresident Hifikepunye Pohamba, sy familie en naasbestaandes, asook die Namibiese nasies uitgespreek na voormalige eerste dame Penehupifo Pohamba Saterdag in die Lady Pohamba-hospitaal in Windhoek oorlede is. Sy was 78 jaar oud. Die minister in die presidensie, Charles Mubita, het namens Nandi-Ndaitwah…
18 Oct 6AM 1 min

NNN vertrek op staatsbesoek na Angola

Namibië en Angola is gereed om hul jarelange verhouding na 'n hoër vlak te neem, met president Netumbo Nandi-Ndaitwah wat vanadg tot Dinsdag 'n staatsbesoek aan Luanda sal aflê. Dit sal die eerste sitting van die Angola-Namibië Bi-nasionale Kommissie wees, waar die twee lande se presidente samewerking sal versterk oor…
18 Oct 5AM 1 min

'Geld kan nie berusting bring nie'

Die maatskaplike aktivis Shaun Gariseb sê finansiële vergoeding kan nie emosionele sluiting vervang nie. Hy het gepraat oor die siviele regsgeding van 2,2 miljoen Namibiese dollar wat deur die vermoorde Ingrid Maasdorp se familie teen die regering gebring is. Maasdorp sê dit is 'n deurslaggewende toets van institusionele aanspreeklikheid vir…
18 Oct 4AM 1 min

Koalisies in SA verkiesings verwag

Die plaaslike owerheidsverkiesings in Suid Afrika aanstaande maand is besig om die nuustoneel in die buurland te oorheers. Wydlopende reaksie van politieke kenners word in die verband ontvang. Christo van der Rheede ‘n onafhanklike politieke ontleder het sy mening aan Kosmos 94.1 nuus verwoord.
18 Oct 3AM 1 min