
Godongwana sê hy kan brandstofheffing aanpas, EFF sê nee
Loading player...
Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, voer aan hy is geregtig om die brandstofheffing na sy goeddunke en in openbare belang aan te pas, soos die Doeane- en Aksynswet bepaal. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het uitspraak voorbehou in die EFF se aansoek waarin hy die minister van Finansies se gesag om die brandstofheffing te bepaal en aan te pas, uitdaag. ʼn EFF-woordvoerder, Nazier Paulsen, sê die verhoging in brandstofheffing wat Godongwana in sy Februarie-begrotingsrede aangekondig het, moes vergoed vir die mislukte BTW-verhoging verlede jaar:

