Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, voer aan hy is geregtig om die brandstofheffing na sy goeddunke en in openbare belang aan te pas, soos die Doeane- en Aksynswet bepaal. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het uitspraak voorbehou in die EFF se aansoek waarin hy die minister van Finansies se gesag om…
Die Amerikaanse president Donald Trump het Iran gewaarsku dat hy twee keuses het: sluit 'n ooreenkoms of Amerika "beëindig" die oorlog. Trump het Dinsdag op versoek van die bondgenote in die Golf, insluitend Katar en Saoedi-Arabië, hernieude aanvalle op Teheran afgelas. Iran het intussen gewaarsku 'n hervatting van die oorlog…
Oor die afgelope twee weke het die prys van Brent-ruolie gedaal, van ongeveer 119 Amerikaanse dollar per vat vroeg in Mei tot rondom 106 dollar per vat Woensdagaand en nou net bo 104 dollar. Die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat hierdie tendens sal voortduur solank…
Inligtingminister Emma Theofelus het 'n konsultatiewe vergadering tussen die ministerie en verteenwoordigers van die Aksie Namibië-koalisie byeengeroep om die operasionalisering van die Toegang tot Inligtingswet te bespreek. Moontlike samewerkingsareas is ook ondersoek om die implementering daarvan te ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het met die Graham Hopwood, direkteur van die Instituut…
Die nuut aangestelde uitvoerende hoof van die Kamer van Mynwese, Fabian Shaanika, sê Namibië se mynbousektor bly stabiel en op 'n groeitrajek, gedryf deur stygende wêreldwye vraag na kritieke minerale en sterk eksplorasiebeleggings oor die afgelope vyf jaar. Shaanika vertel egter aan Kosmos 94.1 Nuus dat regulatoriese onsekerheid, energie- en…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.