Korrekte prys vir olie is tussen US$60 en US$70 - ekonoom

Loading player...
Oor die afgelope twee weke het die prys van Brent-ruolie gedaal, van ongeveer 119 Amerikaanse dollar per vat vroeg in Mei tot rondom 106 dollar per vat Woensdagaand en nou net bo 104 dollar. Die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat hierdie tendens sal voortduur solank die situasie in die Midde-Ooste onopgelos bly. Hy sê die prys moet baie laer wees om op 'n stabiele vlak te bly.
21 May 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Olifante in Kunene-hooglande se bewegings gemonitor

Olifante herken nie heinings, plase of dorpsgrense nie. In die Kunene-hooglande kan dit mense en wild in konflik bring, veral wanneer olifante deur veegebiede beweeg en gewasse en groentetuine plunder. Nou gebruik navorsers satelliethalsbande om die bewegings van hierdie ontwykende olifante op te spoor, met die doel om hul gedrag…
27 Aug 11PM 1 min

Eeyore se stemakteur sterf op 85

Die bekende Kanadese stemakteur Peter Cullen, veral bekend as die ikoniese stem van Optimus Prime in die Transformers-franchise, is op 85-jarige ouderdom in Los Angeles oorlede. Geen amptelike oorsaak van dood is vrygestel nie. Cullen se roemryke loopbaan het oor vyf dekades gestrek en kinderjare oor generasies heen gedefinieer. Hy…
27 Aug 11PM 1 min

Kenner sê oor helde en bevrydings louere

Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah verwelkom president Netumbo Nandi-Ndaitwah se fokus op nasiebou eerder as bevrydingsviktimisasie op Heldedag, en sê Namibië kan nie vir ewig op bevrydings-louere staatmaak nie. Kamwanyah het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die toekenning van held- en heldinstatus ook verder as die bevrydingstryd moet kyk.
27 Aug 11PM 1 min

Brandstofprys vir September vandag of Maandag verwag

Die brandstofprysaanpassing vir September sal waarskynlik vandag of Maandag aangekondig word. Kosmos 94.1 Nuus het met Simonis Storm-ekonoom Almandro Jansen gepraat, wat sê hul vooruitsigte vir die brandstofprysaanpassing is 'n bietjie gemeng, met meer gunstige vooruitsigte vir petrol eerder as diesel. Hy sê daar was heelwat stygings in beide petrol…
27 Aug 11PM 1 min