
IPPR glo inligtingkommissaris sal voor einde '26 aangestel word
Loading player...
Inligtingminister Emma Theofelus het 'n konsultatiewe vergadering tussen die ministerie en verteenwoordigers van die Aksie Namibië-koalisie byeengeroep om die operasionalisering van die Toegang tot Inligtingswet te bespreek. Moontlike samewerkingsareas is ook ondersoek om die implementering daarvan te ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het met die Graham Hopwood, direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing gepraat wat die vergadering bygewoon het.

