
Mynwese groei plaaslik, maar daar is uitdagings
Loading player...
Die nuut aangestelde uitvoerende hoof van die Kamer van Mynwese, Fabian Shaanika, sê Namibië se mynbousektor bly stabiel en op 'n groeitrajek, gedryf deur stygende wêreldwye vraag na kritieke minerale en sterk eksplorasiebeleggings oor die afgelope vyf jaar. Shaanika vertel egter aan Kosmos 94.1 Nuus dat regulatoriese onsekerheid, energie- en infrastruktuurbottelnekke, wisselvallige kommoditeitspryse en finansieringsbeperkings die bedryf steeds uitdaag.

