Winde sê hulp is nodig na storms

Loading player...
Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, sê dringende nasionale steun is nodig om hulp te versnel aan gemeenskappe wat deur gure weer in die provinsie geraak is. Dit volg na die klassifisering van ’n provinsiale ramp ná wydverspreide skade. Die woordvoerder van die premier, Regan Thaw, sê herstelpogings is aan die gang, met elektrisiteit wat reeds herstel is aan gebiede wat die ergste getref is, terwyl opruiming en herstelwerk voortduur:
21 May 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

As jy wil dien, kyk uit vir NamPol-werwings

Vrydag gradueer 1 380 nuwe rekrute van Namibiese polisie. NamPol-woordvoerder, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, sê die geleentheid, wat by die Oshakati Onafhanklikheidstadion plaasvind, vorm deel van die regering se pogings om polisiesigbaarheid en -teenwoordigheid binne plaaslike gemeenskappe te versterk. Sy moedig Namibiërs aan om gereeld uit te kyk vir polisie-werwingsaankondigings en…
21 May 10AM 1 min

LPM-rade 'verbind daartoe om nutsdienste-skuld te delg'

Na aanleiding van kommer oor die stygende bedrae wat aan NamWater en NamPower verskuldig is, veral in die Suide, sê die LPM dat plaaslike owerhede se groeiende skuld grootliks van vorige administrasies geërf is. Woordvoerder Lifalaza Simataa sê rade wat deur die LPM regeer word, het reeds terugbetalingsreëlings beding om…
21 May 10AM 1 min

Onnodige werkwinkels en reise 'is ook korrupsie'

Die direkteur-generaal van die Teenkorrupsiekommissie, Paulus Noa, het regeringsamptenare gewaarsku teen die deelname aan korrupte aktiwiteite, ongeag hoe gering dit mag voorkom. Noa het tydens voortgesette streekskonsultasies oor die Nasionale Teenkorrupsiestrategie en die Nasionale Etiek- en Teenkorrupsiebeleidsraamwerk in Rundu gesê korrupsie en die wanbestuur van openbare hulpbronne bly plaaslike gemeenskappe…
21 May 10AM 1 min

Betogings teen immigrante skep kommer in SA

Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die vraagstuk van vreemdelingehaat en onwettige immigrasie moet beslissend hanteer word. Veldtogte van groepe wat teen onwettige immigrasie en misdaad gekant is, het die afgelope paar maande in felheid toegeneem. Verskeie politieke partye en burgerlike organisasies, soos March and March, het Woensdag…
21 May 9AM 1 min

Minder VSA-soldate in EU 'sal nie verdediging ontwrig'

NAVO se sekretaris-generaal, Mark Rutte, sê Amerika se vermindering van soldate in Europa sal georden wees en nie verdediging benadeel nie. Dit volg op die Amerikaanse president, Donald Trump, se jongste aanval op die alliansie, aangevuur deur kritiek van die Duitse kanselier, Friedrich Merz, oor die Amerikaans-Israelse oorlog in Iran…
21 May 9AM 1 min