
Namfisa loods ondersoekna beleggingsfirma ineenstort
Loading player...
Die ineenstorting van Wealth Management Systems onder besturende direkteur Hanjo Schlabitz, 'n finansiële adviesfirma in Windhoek wat geld namens beleggers in buitelandse valuta belê het, het vrese laat ontstaan dat die beleggers, wat pensioenarisse insluit, miljoene Namibiese dollar verloor het. Namfisa het 'n verklaring uitgereik oor die kwessie en Namfisa se korporatiewe kommunikasiepraktisyn, Joanette Eises, sê hulle is besig met hulle eie ondersoek.

