
Amupanda noem herdenking van Byedag 'Europees'
Loading player...
Met die viering van Wêreld-byedag en uitlatings deur die president wat haar ondersteuning vir die werk wat deur plaaslike organisasies en byeboere gedoen word,uitgespreek het, het die leier van die AR-beweging, Job Amupanda die kwessie verpolitiseer. Op sosiale media sê hy, hy verstaan nie hoekom hierdie regering obsessief en besorg is oor wat hy as Europese onsin beskryf, nie. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry by die besturende direkteur van die Namibiese byeboerderyvereniging, Gretchen Burmeister.

