
LP's 'moet werk om openbare vertroue te herwin'
Loading player...
Openbare Rekeningekomitees van reg oor die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap vergader in Swakopmund om parlementêre toesig, deursigtigheid en openbare finansiële bestuur te versterk. Die voorsitter van die plaaslike komitee, Hendrik Gaobaeb, sê een van die grootste uitdagings waarmee parlementêre staande komitees te kampe het, is swak openbare betrokkenheid wat veroorsaak word deur 'n gebrek aan vertroue in openbare instellings.

