
Kuba-inval kan regime versterk: Castro se dogter
Loading player...
Al hoe meer ontleders meen dat Amerikaanse president Donald Trump sy visier op Kuba het en moontlik daar ‘n inval in daardie land uitgevoer kan word. Kuba is op sy knieë as gevolg van die embargo, ook op olie, wat op die land deur die Amerikaanse regering geplaas is, veral na hy Venezolaanse olie, waarop Kuba staatgemaak het, oorgeneem het. Maar, Alina Fernández, die dogter van die ontslape leier van Kuba, Fidel Castro, wat in Miami woon, waarsku daarteen. Sy het met CNN gepraat.

