Vhungu Vhungu het alle landerye aangeplant, verwag groot mielie-oes

Loading player...
Die bestuurder van die Vhungu Vhungu-groenskema in die Kavango Oos-streek, Floris Smith, sê hy sal na verwagting tussen 1 900 en 2 000 metrieke ton mielies gedurende die huidige seisoen oes, ten spyte van terugslae wat veroorsaak is deur uitdagings met elektrisiteitsvoorsiening en windstormskade aan mielies en twee besproeiingspilpunte verlede maand. Hy het met Nampa gepraat.
20 May 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Chikane getuig oor marteling voor versoeningskommissie-ondersoek

Die teen-apartheidsaktivis eerwaarde Frank Chikane sê hy moes baie verduur onder die hand van apartheidsera-veiligheidstakbeamptes. Hy het gister voor die Waarheids- en Versoeningskommissie-ondersoek getuig, wat vertragings in die vervolging van apartheidsera-misdade ondersoek. In 1989 het hy vergiftiging deur staatsagente oorleef terwyl hy as die hoofsekretaris van die Suid-Afrikaanse Raad van…
20 May 7AM 1 min

Moenie beeldmateriaal van ongelukke deel nie - NamPol

Beeldmateriaal van 'n ongeluk by die Langstrand-afdraai op die B2-pad waarin twee mense dood is doen tans die rondtes op sosiale media. Die Namibiese polisie se hoof van die verkeersdepartement, kommissaris Petrus Swartz, doen 'n beroep op Namibiërs om nie beeldmateriaal van ongelukstonele te versprei nie. Hy waarsku streng daarteen…
20 May 6AM 1 min

ASYCUDA vertraag ook by Namport

Kosmos 94.1 Nuus ontvang klagtes oor NamRA se ASYCUDA-stelsel. Nie by grense nie maar ook by die hawe in Walvisbaai. Volgens berigte is daar vertragings met die sisteem wat veroorsaak dat die vloei van vrag belemmer word. Skepe kan nie by die hawe aandoen vir aflaai nie weens die vertragings…
20 May 6AM 1 min

IAEA-verslag oor insitu-loging... ons mag nog nie weet nie

Die omgewingsminister het die finale verslag ontvang van die Internasionale Atoomenergie-agentskap oor die beplande insitu-loging mynaktiwiteit deur Headspring Investments in die Stampriet-bekken. Kommer is deur lede van die publiek en die SAUMA-groep uitgespreek van die moontlike besoedeling van die kritieke waterbron. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die…
20 May 6AM 1 min