
IAEA-verslag oor insitu-loging... ons mag nog nie weet nie
Loading player...
Die omgewingsminister het die finale verslag ontvang van die Internasionale Atoomenergie-agentskap oor die beplande insitu-loging mynaktiwiteit deur Headspring Investments in die Stampriet-bekken. Kommer is deur lede van die publiek en die SAUMA-groep uitgespreek van die moontlike besoedeling van die kritieke waterbron. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die ministerie, Vilho Hangula, gepraat. Die publiek sal eers later hoor wat die bevindings is.

