
Elize Lundall-Magnuson van die Landbounavorsingsraad gesels oor die belangrike rol van bye in landbou
Loading player...
Suid-Afrika se groeiende vraag na by-bestuiwingsdienste plaas toenemende druk op sowel bye as byeboere, volgens Elize Lundall-Magnuson van die Landbounavorsingsraad. Sy het tydens ’n webinaar ter viering van Wêreldbyedag (20/05) gepraat, waar sy die belangrike rol van bye in voedselproduksie en die uitdagings waarmee die land se byebedryf te kampe het, uitgelig het.



