
Gayton McKenzie sê hulle sal nie stem vir staat van beskuldiging nie
Loading player...
Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, sê die Patriotic Alliance sal nie stem om president Cyril Ramaphosa in ʼn staat van beskuldiging te plaas nie. Die Parlement het ʼn ampsklagkomitee van 31 lede aangestel om te bepaal of hy sy ampseed oortree het. Dit hou verband met die inbraak in 2020 by sy plaas, Phala Phala, in Limpopo waar buitelandse valuta gesteel is. McKenzie sê Ramaphosa neem nie die Artikel 89-paneel se verslag op hersiening om die Parlement te vermy nie:

