Meeste mense ooit ly honger regoor die wêreld

Loading player...
Die Global Partnership-konferensie in Londen bring lande van oor die hele wêreld bymekaar om nuwe vennootskappe te bou terwyl die krisis in die Midde-Ooste steeds verwoesting saai op globale energie- en voedselsekerheid. Die Wêreldvoedselprogram beraam dat byna 45 miljoen meer mense in akute voedselonsekerheid kan verval as die konflik nie teen die middel van hierdie jaar eindig nie. Carl Skau, die uitvoerende direkteur van die Wêreldvoedselprogram sê honger het die hoogte ingeskiet, oor konflik.
20 May 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Zille: DA-regering in Johannesburg sal nooit pynlike jare van apartheid herhaal nie

Die DA se burgemeesterskandidaat in Johannesburg, Helen Zille, sê 'n DA-regering in Johannesburg sal nooit die pynlike jare van apartheid herhaal nie. Zille se uitlatings volg te midde van verskerpte verkiesingsveldtogte voor die plaaslikeregeringsverkiesing, met Johannesburg as een van die sleutelgebiede. Sy het afgevaardigdes by Nasrec in Gauteng toegespreek en…
18 Oct 11PM 1 min

Huldeblyke stroom in vir wyle Penehupifo Pohamba

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het haar innige meegevoel met oudpresident Hifikepunye Pohamba, sy familie en naasbestaandes, asook die Namibiese nasies uitgespreek na voormalige eerste dame Penehupifo Pohamba Saterdag in die Lady Pohamba-hospitaal in Windhoek oorlede is. Sy was 78 jaar oud. Die minister in die presidensie, Charles Mubita, het namens Nandi-Ndaitwah…
18 Oct 6AM 1 min

NNN vertrek op staatsbesoek na Angola

Namibië en Angola is gereed om hul jarelange verhouding na 'n hoër vlak te neem, met president Netumbo Nandi-Ndaitwah wat vanadg tot Dinsdag 'n staatsbesoek aan Luanda sal aflê. Dit sal die eerste sitting van die Angola-Namibië Bi-nasionale Kommissie wees, waar die twee lande se presidente samewerking sal versterk oor…
18 Oct 5AM 1 min