
#BeFree bring innoverende oplossings vir GBV
Loading player...
Pogings om geslagsgeweld te bekamp duur plaaslik voort. Die One Economy-stigting het die #BeFreeBallers: Next Gen Men"-geleentheid in Windhoek aangebied om die Internasionale Dag van die Seun te vier. Plaaslike leiers, mentors en finansiële bestuurders het by die #BeFree Jeugkampus bymekaargekom om oop gesprekke met jong mans oor konstruktiewe manlikheid en geestesgesondheid te begin. Sleutelsprekers het hul persoonlike lewenstryd gedeel. Kosmos 94.1 Nuus het met die One Economy-stigting se woordvoerder Paulina Moses gepraat.

