DA vra toegewyde omgewingsmisdaad-howe

Loading player...
Die DA sê toegewyde howe is nodig om omgewingsmisdaadsake in die Wes-Kaap te behartig. Die party beweer die omvang van biodiversiteitsmisdaad het 'n gespesialiseerde benadering in die regstelsel nodig om sterker vervolging te verseker. Meer as 2 miljoen gestroopte inheemse plante en miljoene sade is sedert 2018 gekonfiskeer. Dave Bryant van die DA glo gespesialiseerde howe sal skuldigbevindingsyfers verbeter en help om georganiseerde misdaadsindikate te teiken wat vir die onwettige handel verantwoordelik is:
19 May 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Zille: DA-regering in Johannesburg sal nooit pynlike jare van apartheid herhaal nie

Die DA se burgemeesterskandidaat in Johannesburg, Helen Zille, sê 'n DA-regering in Johannesburg sal nooit die pynlike jare van apartheid herhaal nie. Zille se uitlatings volg te midde van verskerpte verkiesingsveldtogte voor die plaaslikeregeringsverkiesing, met Johannesburg as een van die sleutelgebiede. Sy het afgevaardigdes by Nasrec in Gauteng toegespreek en…
18 Oct 11PM 1 min

Huldeblyke stroom in vir wyle Penehupifo Pohamba

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het haar innige meegevoel met oudpresident Hifikepunye Pohamba, sy familie en naasbestaandes, asook die Namibiese nasies uitgespreek na voormalige eerste dame Penehupifo Pohamba Saterdag in die Lady Pohamba-hospitaal in Windhoek oorlede is. Sy was 78 jaar oud. Die minister in die presidensie, Charles Mubita, het namens Nandi-Ndaitwah…
18 Oct 6AM 1 min

NNN vertrek op staatsbesoek na Angola

Namibië en Angola is gereed om hul jarelange verhouding na 'n hoër vlak te neem, met president Netumbo Nandi-Ndaitwah wat vanadg tot Dinsdag 'n staatsbesoek aan Luanda sal aflê. Dit sal die eerste sitting van die Angola-Namibië Bi-nasionale Kommissie wees, waar die twee lande se presidente samewerking sal versterk oor…
18 Oct 5AM 1 min