Die 6de Nashua gholfdag ten bate van ENGO vind die 7de Mei in Bloemfontein plaas

Loading player...
Hoof Uitvoerende Direkteur van ENGO, De Wet Claassens sluit by Yolanda Maartens aan om sy dankbaarheid teenoor Nashua te deel vir hul volgehoue vennootskap en om te vertel wat die fondse van die jaarlikse gholfdag vir ENGO beteken. ENGO bedryf 32 kinder- en jeugsorgsentrums, wat veilige en koesterende omgewings bied vir tussen 700 en 800 kinders wat deur die kinderhof uit onveilige situasies verwyder is. Hierdie sentrums bied stabiliteit, opvoeding en emosionele ondersteuning en help kinders om hul lewens te herbou. Met 10 gesinsorgkantore regoor die Vrystaat bereik Engo jaarliks byna 89 000 mense. Sonder die publiek se ondersteuning kan ENGO nie hierdie belangrike take verrig nie. Vir meer inligting oor die gholfdag en die werk wat ENGO doen, stuur gerus ‘n epos na info@engo.co.za of besoek www.engo.co.za
29 Apr 6AM English South Africa Education · Leisure

Other recent episodes

Oktober is Omgie-maand en ENGO vra vroegtydig vir ondersteuning vanjaar

ENGO se geliefde gelukbringer OMGIE herinner luisteraars jaarliks daaraan dat een klein daad van omgee 'n groot verskil kan maak. Met Oktober en Omgiemaand wat vinnig nader kom, is dit tyd om uit te vind wat ENGO vir 2026 beplan. OMGIE sluit by Yolanda Maartens aan en vertel dat jy…
7 Aug 5AM 3 min

Katrien Bredenkamp - Arrie Nel Eureka Apteek in Sechaba Mall

Hoof Apteker en Bestuurder, Katrien Bredenkamp gesels met Yolanda Maartens by Arrie Nel Eureka Apteek in Sechaba Mall. Hul praat oor wat dit beteken vir hulle om nie net ‘n apteek in die gemeenskap te wees nie maar ‘n apteek ván die gemeenskap. Ook oor hoe maklik dit isom medikasie…
30 Jul 4AM 2 min

Lourens Barnard - Arrie Nel Eureka Apteek in Sechaba Mall

Yolanda Maartens kuier by Arrie Nel Eureka Apteek in Sechaba Mall en gesels met Apteker Lourens Barnard. Hy vertel ons meer van die kliniek, watter dienste hulle bied en hoe maak dit gesondheidsorg makliker en meer toeganklik vir die gemeenskap.
30 Jul 4AM 3 min