Hofsaak om plakkers by Many Hills uit te sit, sal op niks uitloop

Loading player...
Baumgartsbrunn Beperk, die eienaars van die ontwikkeling op die plaas Many Hills wes van die hoofstad, dagvaar die Khomanin Tradisionele Owerheid in 'n poging om wat hulle onwettige plakkers noem te laat uitsit. Baumgartsbrunn het in hofstukke onder andere gesê daar is nie sanitasie nie, wat gevare vir gesondheid en die omgewing skep. Misdaad in die gebied het ook toegeneem. Kosmos 94.1 Nuus het met die maatskaplike aktivis Shaun Gariseb van die Khomanin-groep gepraat. Volgens hom sal die hofsaak op niks uitloop nie.
28 Apr 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NNN by AU-sitting, konflik op agenda

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sal die 21ste Buitengewone Sitting van die Afrika-unie se vergadering in Luanda, Angola, bywoon om te fokus op die versterking van konflikvoorkoming en -oplossingsmeganismes regoor die vasteland. Die beraad vind plaas terwyl Afrika voortdurende veiligheidsuitdagings in streke soos Soedan, die Sahel en die DRK in die gesig…
28 Aug 8AM 1 min

Regsman sê Uefa soek meer as verantwoording by Fifa

Die Britse senior advokaat en sportregsman Nick de Marco sê Uefa se poging om ‘n strafregtelike saak teen Fifa-hoof Gianni Infantino te bring, is ‘n eerste. Uefa bring die saak na Infantino se Fifa Forward Enterprise-mislukking. De Marco sê aan Sky News dis duidelik Uefa soek meer as verantwoording.
28 Aug 6AM 1 min

Ses vas vir 7 tranformators van R1,5m

Ses verdagtes is vasgetrek nadat sewe elektriese transformators ter waarde van sowat 1,5-miljoen Suid-Afrikaanse rand in Tembisa, Ekurhuleni, gevind is. Dit was deel van ʼn operasie deur Gauteng se verkeerspolisie, Gauteng-verkeersbeamptes se infrastruktuur-eenheid, en TDP Security Services. Die verdagtes staan tereg op aanklagte van diefstal en onwettige besit van noodsaaklike…
28 Aug 6AM 1 min

Dit sukkel met kondoomverspeiding in Kavango Wes

'n Tekort aan gemeenskapsgebaseerde verspreiders belemmer die reikwydte van die Nasionale Kondoomprogram in die Kavango Wes-streek. Die gaping is uitgelig tydens 'n kondoomverspreider terrein-assessering by 'n belanghebber-betrokkenheidsvergadering in Nkurenkuru. Die doel van die vergadering was om gemeenskapsondersteuning te vind om plaaslike afleweringsnetwerke te versterk. Die streek se kondoomlogistiekbeampte, Faustinus Nyangana,…
28 Aug 6AM 1 min

Vakbond se onderwysaanstellings is stamgebonde

Die Onderwysersunie van Namibië het die onderwysministerie van stambegunstiging beskuldig en beweer dat meer as 95 persent van die menslike hulpbronpersoneel wat bevorderings in sekere streke bestuur, uit 'n enkele etniese groep kom. TUN se sekretaris-generaal, Mahongora Kavihuha, waarsku dat die wanbalans administratiewe billikheid en moraal benadeel, en vra dat…
28 Aug 6AM 1 min