Ons skop die program af met 'n vergrootglas op huwelike. Deon en Karen du Toit van Huweliksfokus is huweliksaktiviste, en vandag praat hulle oor die tema: “Die derde tipe liefde in die huwelik, Eros liefde.”
Johann Els gesels met Kliniese sielkundige, Dr Venessa Marais, Suid-Afrikaanse ambassadeur vir AML (Akute Myeloïede Leukemie). Op 21 April 2026 is die AML Wêreldbewusmakingsdag wêreldwyd en aangesien sy geweldig baie werk doen met families van kankerpasiënte, is sy die perfekte persoon om hieroor te gesels.
Ds Janlu Kuyler (Dominee van NG Robertson) is weekliks aan die beurt met elke dag waarhede uit die Woord. Vandag se gesprek gaan oor Handelinge 16 en oor hoe die Heilige Gees mens lei om deure wys oop te maak.
Charles van Onselen gesels met Nadia Olivier oor hoe ‘n gewone mens kan omgee vir haar gemeenskap. Sy roep ‘n gebedsdag vir haar area uit, in die geval Centurion, op die 11de April.
Johann Els speaks to Johannes Wolfaardt about how the Lord restored his life after numerous suicide attempts as a result of rejection and abuse as a child. He is the founder of United for Change SA, and the name of his book is “Struggling Stains.”
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.