Petrol, Politiek en ’n Ongemaklike Pomp

Loading player...
Hierdie week se KLETS begin by petrol… want dis waar jou begroting en jou bui mekaar elke oggend ontmoet. Maar, wie pomp vir wie?

Donald Trump is weer los is op Truth Social, en die spanning in die Midde-Ooste is al hoe minder “breaking news” en al hoe meer soos ’n potensiële rampspoedige "pomp".

Terug by die huis swem Helen Zille met haar Johannesburg-burgemeestersveldtog. Is dit momentum, is dit geraas, of is dit net nog ’n veldtog wat hard werk om ernstig opgeneem te word?

Colene bring die syfers: wie verdien wat in Suid-Afrika, watter industrieë trek voor… en meer egskeidings, minder huwelike.

En tussen al die groot dinge deur, ’n draai by die snoepie. Daai klein venster waar jy as kind besluit het wie jy is, gebaseer op wat jy koop. Vandag lyk dit anders… en sê dalk meer oor hoe dinge verander het as wat ons wil erken.

Dis petrol en politiek. Dis Trump en syfers wat steek en herinneringe wat nog soet is.

Dis KLETS.
8 Apr Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Waaksaam, Welvarend en Windgat

Die vrees is nie meer 'n gevoel nie, dis 'n gewoonte. Die sleutels tussen jou vingers by die kar. Die "live pin" wat jy los voor jy huis toe ry. Elke vrou in jou lewe: jou Ma, jou suster, jou vriendin, jou biervrou, dra hierdie waaksaamheid soos 'n tweede vel,…
23 Sep 58 min

Wie's in Die Village en Wie's Net Kwaad?

Dit vat 'n village, sê hulle. Maar niemand sê ooit hoeveel van daai village eintlik idiote is nie. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wies-in-die-village-en-wies-net-kwaad/ En intussen loop African Time al hoe vinniger uit: dis nie meer die grap oor laat kom by 'n braai nie, dis nou lewens wat betaal…
16 Sep 52 min

Wie Kyk na Jou Geld Terwyl Jy Rugby Kyk?

Colene het Bokkoors. Nie 'n verkoue nie, net groen en goud in die are. Maar terwyl ons almal die rugby volg, volg iemand anders jou bankbalans. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-258-wie-kyk-na-jou-geld-terwyl-jy-rugby-kyk/ Is jou geld werklik veilig in jou bank? Of in Cyril se bank? Ons kyk na die toename…
9 Sep 59 min

Wag, Wat? Kanada Verloor Die Speletjie

Kyk hier: https://afrikaans.radio/klets/ep-257-wag-wat-kanada-verloor-die-speletjie/ Dis September, uiteindelik! Die vroue van Suid-Afrika kry ’n oomblik om asem te skep. Net jammer niemand het vir die ANC gesê nie, want etlike dae voor die verkiesing is rus glad nie op hulle kalender nie. Oor die Atlantiese Oseaan speel Trump en Kanada intussen ’n…
2 Sep 56 min

Lê Stil Sannie, Vir Volk en Vaderland

Die syfers lieg nie, maar die politici probeer darem hard. Voormalige minister van onderwys spoel haar ideologiese mond uit, en die vraag bly: wie luister nog? Intussen raak Johannesburg se skuldlas groter as die slaggate wat dit veroorsaak, en die nuwe bewind gaan 'n rekening erf wat niemand wil of…
26 Aug 1 hr 02 min