Ecoskoops - 26 Maart 2026

Loading player...
Op vandag se Ecoskoops kyk ons ​​na hoe skoner energie en 'n veranderende klimaat Suid-Afrikaners se daaglikse lewens beïnvloed. In hierdie episode gaan Isabel Potgieter voort met haar gesprek met Zero Carbon Charge se Joubert Roux oor nuwe EV-laaistasies op die N3, en deel opdaterings oor die Wes-Kaap se waterrisiko's en kommerwekkende nuwe globale klimaatrekords van die Wêreld Meteorologiese Organisasie.
26 Mar Afrikaans South Africa Daily News · Nature

Other recent episodes

Ecoskoops - 19 November 2026

Vandag op Ecoskoops gesels ons verder met dr. Sibusiso Nxumalo van die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing. Ons kyk na waarom COP31-onderhandelinge belangrik is vir Suid-Afrikaners, veral vir landelike gemeenskappe en gemeenskappe in Mpumalanga.
19 Nov 5 min

Ecoskoops - 17 November 2026

Vandag op Ecoskoops gesels ons met dr. Sibusiso Nxumalo van die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing. Ons kyk na die vordering wat Suid-Afrika gemaak het met die implementering van die Regverdige Oorgang en die Wet op Klimaatsverandering, asook die land se prioriteite by COP31 in Turkye.
17 Nov 5 min

Ecoskoops - 12 November 2026

Vandag op Ecoskoops gesels ons verder met die inwonende verteenwoordiger van die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP) in Rwanda, dr. Fatmata Lovetta Sesay. Die UNDP is die amptelike gasheer van die Carbon Markets Africa Summit (CMAS), wat onlangs in Kigali plaasgevind het. Sy vertel ons meer oor hoe koolstofmarkte kan…
12 Nov 5 min

Ecoskoops - 10 November 2026

Vandag op Ecoskoops gesels ons met die inwonende verteenwoordiger van die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP) in Rwanda, dr. Fatmata Lovetta Sesay. Die UNDP is die amptelike gasheer van die Carbon Markets Africa Summit (CMAS), wat onlangs in Kigali plaasgevind het. Sy vertel ons meer oor hul missie en die…
10 Nov 5 min

Ecoskoops - 5 November 2026

Vandag op Ecoskoops gesels ons met die ekoloog Alison Hepplestone van EcoSolutions. EcoSolutions is 'n Suid-Afrikaanse maatskappy wat spesialiseer in gifvrye, omgewingsvriendelike plaagbeheer. Hulle fokus op geïntegreerde plaagbestuur deur gebruik te maak van nie-giftige, volhoubare metodes, en werk saam met die natuur in plaas van daarteen. Alison verduidelik hoe uile…
5 Nov 5 min