Drome word werklik: Brutney Singrew oor haar rol as Chelsea in Skemergrond

Loading player...
Van ’n jong meisie in George met groot drome tot ’n sterk, geliefde karakter op die skerm – Brutney Singrew maak haar merk as Chelsea Kannemeyer in Skemergrond 🌼

In my onderhoud gesels sy oor Chelsea se groei, liefde, en hoe hierdie rol haar lewe verander het. Sy deel ook hoe dit voel om deel te wees van so ’n talentvolle span – en hoekom elke dag op stel soos familie voel.
Moenie hierdie inspirerende gesprek misloop nie.
Skemergrond word Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Die reeks is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.
25 Mar 1PM English South Africa Leisure · Music

Other recent episodes

Van Arendsvlei tot Skemergrond: Robyn Rossouw se volle-sirkel-oomblik

Sy speel 'n ma wat van haar verlede weg hardloop, maar vir Robyn Rossouw was die rol van Cheryl in Skemergrond 'n kans om haarself te konfronteer. Luister hier na haar gesprek oor trauma, vertroue op stel, en hoekom hierdie karakter vir haar so besonders is. Skemergrond word Maandae tot…
8 Jul 1PM 8 min

Neels van Jaarsveld oor sy nuwe rol as tuisbly-pa in Beter as Gister

Hy speel Marco Fouché, 'n toegewyde pa wat sy loopbaan vir sy kinders opsy gesit het maar nou begin dinge verander. Neels van Jaarsveld gesels oor die nuwe kykNET-dramareeks Beter as Gister, wat die kollig plaas op pa's en die druk wat hulle ervaar. Die reeks begin 30 Junie om…
24 Jun 1PM 7 min